On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie pasiënte sterf in ongeluk in Noordwes

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:26 Fri, 03 Nov 2023

Drie pasiënte sterf in ongeluk in Noordwes | News Article

“Die bestuurder het vir twee donkies in die pad uitgeswaai.”

Drie pasiënte wat in ’n staatsvoertuig vervoer is, is Vrydag (3/10) in ’n ongeluk dood

Hulle het van Lichtenburg in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit na Mahikeng gereis. Tebogo Lekgethwane, provinsiale gesondheidswoordvoerder, sê die bestuurder het vir twee donkies in die pad uitgeswaai, teen ’n paal gebots en die voertuig het verskeie kere gerol.

Nog vier pasiënte is ernstig beseer en die bestuurder het sy skouer beseer.

Madoda Sambatha, Noordwes se LUR vir Gesondheid, het sy innige simpatie met die oorledenes se families betuig en die beseerdes ’n spoedige herstel toegewens. Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om in die feestyd hul diere van die paaie af te hou. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi   Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.