Central SA
Mangaung Metro besig om netwerk te herstel ná kuberaanval─── 06:13 Sat, 04 Nov 2023
“Hierdie tipe voorvalle word ’n algemene verskynsel by ondernemings.”
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het bevestig dat die netwerksekuriteit van sy rekenaarstelsel deur skadelike programmateur deurdring is. Die kuberaanval het ’n negatiewe invloed gehad op verskeie vlakke van dienslewering deur die metro.
“Dit sluit in die betaling van diensverskaffers, betaling vir toerusting en gereedskap, diesel, goedkeuring van bouplanne, behoeftige begrafnisse, uitklaringsertifikate, ens. Dit het veral die interaksie tussen die metro, die gemeenskap en ander belanghebbendes beïnvloed,” sê die metro in ’n verklaring.
Gypseenia Lion van Bloemfontein Courant het berig die kuberaanval het veroorsaak dat al die toepassings van die metro onbruikbaar was.

Belangrike toepassingstelsels soos Solar (finansiële stelsel), HR Focus, telefone, e-pos en internettoegang vir alle gebruikers is geraak. Verslae toon dat hierdie tipe voorvalle ’n algemene verskynsel by ondernemings word, luidens die verklaring.
Sello More, stadsbestuurder, is in verbinding met private maatskappye en staatsbeheerde agentskappe soos die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) om die erns van die kuberaanval te ontleed en te kyk na oplossings vir die metro.
“Alle inwoners en belanghebbendes kan verseker wees dat die metro sy beste doen om die stelsel spoedig te herstel.”
OFM Nuus Vertaal deur Daphné/ Corné/
