Central SA
‘Talle moordbeskuldigdes het al Lesotho verlaat’─── LUCKY NKUYANE 13:01 Mon, 06 Nov 2023
“Baie Lesotho-burgers steek die grens met Suid-Afrika oor nadat hulle na bewering moord gepleeg het.”
Die Lesotho-polisiekommissaris het onthul dat daar ’n aansienlike getal Basotho-burgers is wat die land verlaat het om vervolging deur plaaslike owerhede te ontduik.
Mahlape Florence Morai, adjunkkommissaris van die Lesotho Berede Polisie, sê baie mense het die Lesotho-grens met Suid-Afrika oorgesteek nadat hulle na bewering moord gepleeg het.
Sy sê sy het nie die statistieke nie maar sy is bewus daarvan dat baie van hul beskuldigdes na Suid-Afrika vlug. Sy het gepraat by ’n media-inligtingsessie oor die R5,1 miljoen wat aan die Lesotho Nasionale Tesourie terugbetaal is.

Die oorgrensmisdaad tussen Suid-Afrika en Lesotho het voorheen onder die soeklig gekom. Verskeie Lesotho-burgers beland aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse gereg weens bewerings van ernstige misdaad, insluitend roof en moord. Aan die ontvangkant van hierdie gruwelike misdaad was meestal onskuldige burgerlikes en polisiebeamptes.
In 2020 is ’n onwettige Lesotho-immigrant Ramolete Masiu tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is daarvan aangekla dat hy Qeya Jonas Tshabalala (52) van die Valke in die Vrystaat vermoor het. Regter Joseph Mhlambi het hom in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, asook moord. Sy moordsaak is nie gesluit nie aangesien die aanklaer in hierdie saak glo dat daar nog ’n derde medepligtige was wat intussen landuit gevlug het.
Die Noordwes-polisie het in April 2023 'n verdagte vir die besit van 14 handgranate in Khuma, naby Stilfontein buite Klerksdorp, in hegtenis geneem.
Die onwettige immigrant is op Saterdag (22/4) in hegtenis geneem weens die oortreding van onderskeidelik die Plofstof- en Immigrasiewette.
OFM News/Lucky Nkuyane corne/daphné

