Central SA
Studente in Bloemfontein aangemoedig om sekuriteit op te skerp─── 08:30 Tue, 07 Nov 2023
“Studente wat saam met ’n aantal ander studente in ’n huis woon, moet weet dat dit ’n valse gevoel van sekuriteit bied.”
Die belangrikheid van veiligheidsbewustheid op kampusse is weereens uitgelig ná ’n onlangse rooftog by ’n studentehuis in Bloemfontein.
Gewapende verdagtes het ’n hek by ’n studentehuis oopgebreek en ingegaan. Die verdagtes het die studente in die huis gedreig, verskeie elektroniese items gesteel en op die vlug geslaan.
Charnel Hattingh, Fidelity ADT se nasionale bemarkings-en-kommunikasiebestuurder, waarsku misdadigers slaan toe op misdadigers omdat hul eiendom lig is en maklik in geld omgeskep kan word.
“Ons doen ’n beroep op alle studente en inwoners wat in gedeelde akkommodasie woon, om deurgans bewus te wees van sekuriteit.”
Abigail Visagie van Bloemfontein Courant berig Hattingh het die studente versoek om altyd toegang tot hul eiendom te beveilig en gesluit te hou en om te verseker dat vensters en deure met diefwering beveilig word.
“Wees proaktief oor sekuriteit om te voorkom dat jy ’n slagoffer word. Kyk vir mense wat jou volg. Moenie jou selfoon in die straat gebruik nie. Hou waardevolle items soos selfone en geld weggesteek terwyl jy na en van die kampus en na die winkels stap.”
Hattingh waarsku studente wat saam met ’n aantal ander studente in ’n huis woon, dit skep ’n valse gerustheid. Studente moet met ander inwoners praat as hulle in so ’n gemeenskap bly oor die belangrikheid van sekuriteit.
OFM Nuus Morné
