On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Goudveldse sakevrou aangeval, beroof

───   14:19 Tue, 07 Nov 2023

Goudveldse sakevrou aangeval, beroof | News Article
Die gesteelde voertuig is teruggevind. Konst. Mapalentwa en AO. Basie Ferreira ondersoek die misdaatoneel. Foto verskaf

“Sy het om hulp geskree en insittendes van ’n Mercedes-Benz wat buite geparkeer was, het haar te hulp gesnel.”

’n Sakevrou wat ook klere vervaardig is Dinsdag (7/11) om 08:00 in Odendaalsrus se middedorp in haar onderneming aangeval. Twee gewapende mans het haar van kontant, twee selfone en motorsleutels beroof.

Sy het om hulp geskree en insittendes van ’n Mercedes-Benz wat buite geparkeer was, het haar te hulp gesnel. Die verdagtes het egter in ’n wit Opel Corsa-bakkie met Limpopo-nommerplate gevlug. 

Die insittendes van die Mercedes-Benz het die bakkie agtervolg en die polisie en provinsiale verkeersafdeling ingelig oor waar die bakkie is. Die bakkie is binne ’n uur verlate langs die Jabulani Village in Welkom gevind. Die ooggetuies sê hulle het gesien hoe twee mans die bos invlug.

Die polisie ondersoek die sakeroof.

Envor Solomon, waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, het die twee mans geloof wat hul lewe gewaag het om die bakkie te agtervolg.

Enigeen met meer inligting kan die Odendaalsrus-polisiekantoor by 082 864 0004 of die Stop Misdaadnommer 08600 10111 bel.

OFM Nuus Daphné/Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.