Central SA
Vrystaatse dorpe het moontlik binnekort weer water─── TSHEHLA KOTELI 14:32 Tue, 07 Nov 2023
“ ’n Besending chemikalieë word vandag verwag en die water sal onmiddellik daarna weer gepomp word.”
Inwoners van verskeie dorpe wat onder die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit val, kan verwag om op die laatste Dinsdag (7/11) of Woensdag (8/11) water te hê.
Dit sluit in Theunissen, Winnie Mandela Town, voorheen bekend as Brandfort, en Winburg wat dae lank sonder water was. Zongezile Ntjwabule, die munisipaliteit se woordvoerder, sê die dorpe was sonder water weens die oponthoud van ’n aflewering van ’n besending chemikalieë vir watersuiwering – die besending chemikalieë word vandag verwag en die water sal onmiddellik daarna gepomp word.”
Inwoners is belowe dat hulle op 28 Augustus water in hul krane sal hê maar dit het nie gebeur nie. Ntjwabule sê in ’n mediaverklaring die pomp van water na die reservoirs in Theunissen sal ná middernag hervat word, sodat watertoevoer na die gemeenskap herstel kan word. Daar is egter verwag dat hoogliggende gebiede steeds ’n tekort sou ervaar.
Wat Winnie Mandela Town betref, is gesê water sal ook ná middernag gepomp word en watertoevoer behoort teen die oggend terug te wees. Soos Theunissen, sal hoogliggende gebiede steeds aanvanklik sonder watertoevoer wees.
In al die kommunikasie deur die munisipaliteit is geen melding van ’n tekort aan watersuiweringschemikalieë genoem nie. OFM Nuus het, sonder sukses, probeer vasstel of daar 'n tekort aan chemikalieë is.
OFM News/Tshehla Koteli Corné/Daphné
