On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vioolsdrift-man se borgtogaansoek uitgestel ná dubbele moord

───   15:40 Tue, 07 Nov 2023

Vioolsdrift-man se borgtogaansoek uitgestel ná dubbele moord | News Article
Japie Claassens in die hof. Foto: NVG

Volgens een inwoner het die mans by Claassens op sy kleinhoewe in Rooiwal oornag. Die geselskap was na Namibië onderweg.

Japie Claassens, ’n lusernboer van Viooldrift wat na bewering twee besoekende vriende van die Wes-Kaap Maandagoggend omstreeks 04:30 in hul beddens in sy huis geskiet het, se borgtogaansoek in die hof in Springbok is tot 15 November uitgestel. Die staat gaan die aansoek teenstaan.

Op foto’s van die bebrilde Claassens (59) in die hofsaal wat die Nasionale Vervolgingsgesag uitgereik het, is sy wange ingesonke. Hy is geklee in ’n rooi langmouhemp en vaal broek.

‘Thompson en Claassens is ou skoolvriende’

Hy is sedert verlede Dinsdag in aanhouding ná die voorval op sy kleinhoewe waarin Coenraad de Beer (54) en James Kriel (56) aanvanklik geskiet en later aan hul wonde in ’n hospitaal op Upington beswyk het. 

Die oorlewendes is Grant Thomson en De Beer se seun, ook Coenraad. Thompson en Claassens is ou skoolvriende, wat gematrikuleer het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in die Kaapse stadskom.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê Claassens se doopname is Jacob Dawid Malan.

James Kriel is een van die slagoffers. 

“Die bewering is dat vier mans hom besoek het. Die bure het geweerskote in die nag gehoor en ondersoek ingestel. Claasens het glo dadelik erken wat gebeur het en wou homself aan die polisie oorhandig. Die gewonde mans is na die hospitaal in Upington gebring, maar het Woensdag aan hul beserings beswyk,” sê Ehlers.

Volgens een inwoner het die mans by Claassens op sy kleinhoewe in Rooiwal oornag. Die geselskap was na Namibië onderweg.

‘Claassens het soos ’n kluisenaar geleef’

’n Inwoner beweer Claassens is nie ’n maklike mens om mee oor die weg te kom nie. “Daar was al uitvalle tussen hom en ander mense in die omgewing. Die polisie moes al lankal sy vuurwapens van hom afgeneem het.”

Claassens, ’n alleenloper, het soos ’n kluisenaar geleef. Een buurvrou sê hy het oorspronklik in Kaapstad gewoon en later permanent na Viooldrift getrek. Sy sê hy het hom met die jare ál meer aan die samelewing onttrek en onversorg voorgekom.

Claassens en sy honde het alleen gewoon en het by niemand gekuier nie. “Niemand het hom eintlik goed geken nie. Hy was nie op een van ons WhatsApp-groepe nie.”

OFM Nuus Morné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.