On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie ondersoek saak ná 3 mans in Wilgerivier verdrink

───   ZENANDE MPAME 15:44 Tue, 07 Nov 2023

Polisie ondersoek saak ná 3 mans in Wilgerivier verdrink  | News Article
Die voertuig is Sondag uit die water gehaal. Foto: SAPS

“Die polisie het Sondag hul liggame uit die water gehaal."

Die polisie stel ondersoek in nadat drie mans Sondag (5/11) verdrink het toe hul bakkie van die Magrieta Prinsloo-brug buite Oranjeville afgery en in die Wilgerivier beland het.

Die ongeluk het gebeur nadat die bestuurder beheer oor die Toyota Hilux verloor het.

Die bakkie wat uit die water getrek is. Foto: Vaalweekblad.

Rakometsi Thithi (28), Prince Mako (33) en Money Mofokeng (37) is vermoedelik van Frankfort en was onderweg na Oranjeville. “Die liggame van die mans is Sondag uit die water gehaal,” sê Josephine Rani, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Mxolisi Dukwana, premier van die Vrystaat, het sy innige meegevoel met hul naasbestaandes betuig. “Ek doen ’n beroep op alle motoriste en voetgangers om versigtig en geduldig op ons paaie te wees,” sê hy.

OFM Nuus/Zenande Mpame  Daphné/Corné/Morné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.