On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Kabeldiewe danksy buurtwag in Bloemfontein aangekeer

───   08:59 Fri, 10 Nov 2023

Kabeldiewe danksy buurtwag in Bloemfontein aangekeer | News Article
Die toneel waar ses verneemde kabeldiewe Donderdag in Bloemfontein in hegtenis geneem is. Foto: AfriForum Bloemfontein/Facebook

’n Wakker buurtwagpatrolleerder het die voertuig, ’n rooi Toyota Yaris, op die N8-hoofweg opgemerk.

Ses vermeende kabeldiewe van Kimberley het Donderdag (9/11) hul moses teëgekom toe hulle danksy op-en-wakker buurtwaglede in Bloemfontein aangekeer is.

AfriForum Bloemfontein sê op sy Facebook-blad inligting is van ’n misdaadvoorkomingsplatform ontvang dat ’n voertuig met insittendes, wat betrokke is by kabeldiefstal, onderweg is na Bloemfontein. Die verdagtes word aan kabeldiefstal in Kimberley verbind.

Die rooi Toyota Yaris waarin die vermeende kabeldiewe opgemerk is. Foto: AfriForum Bloemfontein/Facebook

Een van AfriForum Fichardtpark se buurtwagpatrolleerders het die voertuig, ’n rooi Toyota Yaris, op die N8-hoofweg opgemerk, en die inligting is met AfriForum Bloemfontein se WhatsApp-groep gedeel. Lede van verskeie AfriForum-buurtwagte in die stad het gereageer, sowel as die polisie, Transnet en die gewapendereaksie-eenheid van die VR-sekuriteitsmaatskappy.

Die toneel waar die rooi Toyota Yaris voorgekeer en ses vermeende kabeldiewe in Bloemfontein in hegtenis geneem is. Foto: AfriForum Bloemfontein/Facebook

Die voertuig is voorgekeer en die ses insittendes is op die toneel in hegtenis geneem, waarna hulle deur die polisie na die Parkweg-polisiekantoor geneem is vir verder ondersoek en om hul betrokkenheid by georganiseerde misdaad te bepaal.

Sosialemediagebruikers het hul tevredenheid uitgespreek en die betrokkenes gelukgewens met hul vinnige optrede.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen Corné/Morné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.