On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sussie, die viervoetige held, word steeds gesoek

───   HEIDRÈ MALGAS 15:17 Fri, 10 Nov 2023

Sussie, die viervoetige held, word steeds gesoek | News Article
Sussie, die dapper hond wat haar eienaar probeer beskerm het tydens ’n huisroof. Foto: Vaalweekblad

“Die inbrekers het ’n TV gesteel en gevlug terwyl Sussie hulle agternagesit het. Sy het toe nie weer die pad huis toe gevind nie.”

Sussie, die dapper hond wat haar eienaar probeer beskerm het tydens ’n huisroof en selfs die rowers agternagesit het toe hulle vlug, is nou vermis.

Kayla Muller is by haar ouerhuis in Bernard Pricestraat, Vanderbijlpark, deur drie gewapende mans gekonfronteer.

Elvin Muller, Kayla se pa, sê hulle is besig om Sussie te soek. Kadawerhonde het haar reuk opgetel maar ongelukkig is sy nog nie opgespoor nie.

Polisiebeamptes van die K9 soek- en reddingseenheid met Red, die kadawerhond. Foto verskaf

“Die honde is nou al moeg omdat dit so warm is, ons gaan reël vir Sondagoggend 06:00, dat ’n klomp mense saam soek,” vertel Muller.

Kayla het wel ontsnap en haar ouma en die huishoudster gewaarsku van die inbraak.


Die inbrekers het 'n televisie gesteel en gevlug terwyl Sussie hulle agternagesit het. Sy het toe nie weer die pad huis toe gevind nie. Die familie is hartseer en doen 'n beroep op die gemeenskap om Sussie, die viervoetige held, op te spoor.

Indien enigiemand haar iewers gewaar, kan Elvin by 071 675 7217 of Hester by 083 302 3603 gekontak word.

OFM Nuus/Heidré Malgas Corné/

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.