On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek duur voort ná diefstal van vuurwapens by Petrusville-polisiestasie

───   ZENANDE MPAME 13:00 Mon, 13 Nov 2023

Ondersoek duur voort ná diefstal van vuurwapens by Petrusville-polisiestasie | News Article
Foto: OFM Nuus

“Ek kan inderdaad bevestig dat lede van die Valke in Kimberley ’n saak van vermiste vuurwapens ondersoek.”

Vier vuurwapens is Dinsdag (7/11) by die Petrusville-polisiestasie gesteel. Daar word beweer dat die polisie wat aan diens was, dronk was en aan die slaap geraak het, en toe dit tyd was om 'n oorhandiging te doen, was gewere en ammunisie uit die kluis vermis.

’n Outomatiese voertuigopspoorder is gebruik en dit het getoon dat patrolliewaens by die huise van polisiebeamptes was. “Ek kan inderdaad bevestig dat lede van Valke in Kimberley 'n saak van vermiste vuurwapens ondersoek.

“Die ondersoek het pas begin, so daar is in hierdie stadium niks om te sê nie aangesien geen arrestasies al gemaak is nie,” het Tebogo Thebe, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder, gesê.

Die vermiste vuurwapens is twee haelgewere, een R5 en een Z88-pistool.

Enigiemand met inligting oor die vuurwapens kan die Petrusville-polisiekantoor by 071 642 4647/053 663 0018 kontak.

OFM Nuus/Zenande Mpame Corné


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.