On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vanderbijlpark: Peuter met hidrokefalie gee sy eerste treë – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 15:55 Mon, 13 Nov 2023

Vanderbijlpark: Peuter met hidrokefalie gee sy eerste treë – VIDEO | News Article
Nolan het sy eerste treë gegee. Foto verskaf

“Hierdie merkwaardige kind is 'n ‘warrior’! Hy 'fight' elke dag hierdie 'battles' baie hard en hy sal oorwin!”

Nolan Marais (22 maande) van Vanderbijlpark, by wie ernstige hidrokefalie gediagnoseer is, het sy eerste treë gegee, nege weke ná sy breinoperasie.

Sy ma, Jessica Marais, vertel dat Nolan tot vyf kan tel, hy ken al sy kleure, ken sy syfers en letters, ken sy diere en geluide, ken sy liggaamsdele, ken die bewegings van 'n paar liedjies en sing saam met “Old Macdonald”.


“Hy sê al twee woorde soos ‘yellow car’, ‘red ball’. Hy vra: ‘How do you do?’ Hy kan vir jou sê as jy vra hoeveel donkies is daar, sal hy jou reg antwoord – wel alles in Engels. Hy klim op alles,” vertel sy.

Hy eet skielik ander goed soos pizza en Simba-chippies. Voorheen wou hy nooit enige goed eet wat hy moes afbyt en fyn kou nie. Foto verskaf

Sy sê hy begin nou self sonder hulp staan. Hy het ’n paar dae gelede vir die heel eerste keer van sittende posisie opgestaan en drie tree na haar toe geloop.

“Hy eet skielik ander goed soos pizza en Simba-chippies waar hy nooit enige goed wou eet wat hy moes afbyt en fyn kou nie,” sê Marais.


Sy vertel verder dat hy met blokkies legkaarte bou en hy speel al met sy diere en sy ‘barn’ soos ’n driejarige.

Marais sê in ‘n plassing op Facebook: “Hierdie kind is ongelooflik intelligent ten spyte van al sy diagnoses en struikelblokke. Hierdie merkwaardige kind is 'n warrior! Hy fight elke dag hierdie battles baie hard en hy sal oorwin!”

OFM Nuus/Heidré Malgas Corné/Morné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.