Central SA
3 in verband met gesteelde vuurwapens in Vrystaatse howe─── ZENANDE MPAME 13:38 Tue, 14 Nov 2023
“Die span het op die verdagtes toegeslaan terwyl hulle besig was om na ’n koper vir hul gesteelde polisievuurwapens te soek.”
Drie verdagtes het vlugtig in die howe op Senekal en Marquard verskyn in verband met vier vuurwapens wat onlnags onder verdagte omstandighede uit die polisiekantoor op Petrusville gesteel is.
Twee sal na verwagting Vrydag 24 November in die Senekalse landdroshof voorkom vir 'n formele borgtogaansoek en een Donderdag (16/11) in Marquard se landdroshof.
Moqebelo Moloi (43), Mosiwa Motsoane (40) en Orefile Moshugi (41) het na bewering verlede Maandag (6/11) vuurwapens en ammunisie uit die polisiekantoor op die Noord-Kaapse dorp gesteel.
“Die drie mans is Saterdag deur 'n multidissiplinêre span in hegtenis geneem, insluitend Valke-lede van die Noord-Kaap en die Vrystaat. Die span het op die verdagtes toegeslaan terwyl hulle besig was om na ’n koper vir hul gesteelde vuurwapens te soek,” sê Tebogo Thebe, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder.
OFM Nuus het vroeër berig die vuurwapens is teruggevind. Thebe sê interne ondersoeke is aan die gang om die omstandighede vas te stel wat tot die diefstal van die vuurwapens gelei het.
OFM Nuus/Zenande Mpame Corné/Daphné/Morné

