On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Maluti-a-Phofung se gemeenskappe ly onder vandalisme, diefstal

───   KEKELETSO MOSEBETSI 15:09 Fri, 17 Nov 2023

Maluti-a-Phofung se gemeenskappe ly onder vandalisme, diefstal | News Article
Maluti-a-Phofung se burgemeester, Masetjhaba Lakaje-Mosia, het die familie besoek van ’n driejarige wat doodgeskok is. Foto: Facebook

“Isaac Masephule Dhladhla (3) is onlangs dood nadat hy deur elektrisiteit in Phuthaditjhaba geskok is.”

Inwoners van die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat betaal ’n duur prys weens diefstal en skade aan infrastruktuur. 

Isaac Masephule Dhladhla (3) is onlangs dood nadat hy deur elektrisiteit in Phuthaditjhaba geskok is. Masetjhaba Lakaje-Mosia, burgemeester, het sy familie in wyk 27 besoek.

Familie en vriende treur oor Isaac Masephule Dhladhla (3). Foto: Facebook

Lakaje-Mosia het ’n beroep op inwoners gedoen om diewe en vandalisme by die owerhede aan te meld. “Isaac kon vandag nog geleef het as die infrastruktuur nie gevandaliseer was nie. Kom ons wees almal verantwoordelik en veg teen teen vandalisme in ons gemeenskappe,” sê sy.

Mxolisi Dukwana, Vrystaatse premier, het onlangs ’n streng waarskuwing gerig aan sake-eienaars wat misdadigheid aanhits en die vandalisme van kritieke infrastruktuur, insluitend die diefstal van elektriese kabels en skade aan paaie, aanmoedig om tenders van die regering te kry.

“Ons sal ’n einde maak aan hierdie skelmstreke. Ons sal ook diegene stop wat salarisse verdien as staatsamptenare, maar nie hul werk doen nie.”

OFM News/Kekeletso Mosebetsi             Daphné/Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.