On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Saak teen geskorste Matlosana-raadslid in Orkney Landdroshof uitgestel

───   13:49 Sat, 18 Nov 2023

Saak teen geskorste Matlosana-raadslid in Orkney Landdroshof uitgestel | News Article
Supplied

Die saak teen ’n geskorste raadslid van die Matlosana Munisipaliteit is in die Orkney Landdroshof tot 24 November uitgestel wanneer hy hom borgtog sal aansoek doen.

Tebogo Sepale staan tereg op 11 aanklagte van onder meer statutêre verkragting, die vervaardiging van pornografiese materiaal en seksuele intimidasie. Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder,Henry Mamothame, sê die staat staan borgtog ten sterkste teen. 

Mamothame sê hulle glo dit is in belang van geregtigheid dat Sepale in aanhouding bly.  Afhangende van die uitspraak van die hof, sal die saak ná Sepale se volgende hofverskyning waarskynlik na 'n hoër hof verskuif word. 

Sepale voer egter aan dat hy mediese behandeling moet kry vir 'n gesondheidstoestand, wat nie in aanhouding aan hom voorsien is nie.  'n Amptenaar van die gevangenis waar hy aangehou word, het egter sy klagte ontken.  Die amptenaar sê Sepale het selfs toegang tot sy private dokter indien hy dit sou verlang. Die Staatsaanklaer, adv. Maria Krause, voer aan dat daar geen dringende omstandighede is wat sy borgtog noodsaak nie.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.