Central SA
Bateverbeuringseenheid slaan groot slag in Mahikeng Hooggeregshof─── LUCKY NKUYANE 14:37 Sat, 18 Nov 2023
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Bateverbeuringseenheid in Noordwes het ’n slag in die Mahikeng Hooggeregshof geslaan met die inhegtenisneming van ’n buitelander wat probeer het om 45 000 liter se diesel onwettig die land binne te bring.
Die Hooggeregshof het ‘n bevel toegestaan dat die eenheid beslag kan lê op die tenkwa wat die diesel vervoer het. Die man is in Julie vanjaar by die Ramatlabama grenspos in hegtenis geneem toe hy versuim het om die diesel te verklaar.
Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder, Henry Mamothame, sê die bevel hou verband met 'n voorval toe 'n buitelander, die 40-jarige Chrispen Pirukai 15 Julie 2023 probeer het om Suid-Afrika vanaf Botswana by die Ramatlabama-grenspos binne te kom. Grenspolisie het die vragmotor gestop en Pirukai gevra of hy enige iets het om te verklaar. Hy het beweer die vragmotor is leeg.
Polisie het egter die vragmotor deursoek en gevind dat dit vol diesel was. Pirukai is in hegtenis geneem op aanklagte van die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns van 1964. Indien Pirukai suksesvol was in die ontduiking van invoerbelasting, sou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens R270 000 verloor het.
OFMNuus/LuckyNkuane
