Central SA
Donderstorms, swaar reën en hael in drie provinsies verwag─── 04:00 Sun, 19 Nov 2023
“Waarskuwings vir erge donderstorms in dele van Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal uitgereik.”
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Sondag ’n geel, vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms in die westelike dele van Noordwes, noordwestelike dele van die Vrystaat en westelike KwaZulu-Natal uitgereik.
Volgens die weerdiens moet inwoners in dié gebiede voorbereid wees op sterk, skadelike wind, hael en swaar reënbuie.

Uiters hoë brandgevaartoestande word ook oor sentrale dele van die Noord-Kaap en Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap verwag.
’n Hittegolf met aanhoudende hoë temperature sal na verwagting ook tot Dinsdag in meeste dele van die Oos-Kaap, in die laeveld van Mpumalanga, dele van Limpopo en Tshwane voortduur.
Sondag se weervoorspelling:
Gauteng: Warm in die noorde, andersins mooiweer en warm, wat oorgaan in gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie in die middag. Die verwagte UVB-sonbrandindeks: Hoog.
Noordwes: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met enkele buie en donderbuie.
Vrystaat: Gedeeltelik bewolk, winderig en warm, met enkele middagbuie en donderbuie.
Noord-Kaap: Koel langs die kus, andersins mooiweer, winderig en warm tot baie warm, wat oorgaan na gedeeltelik bewolk in die middag met geïsoleerde donderbuie in die uiterste ooste. Die wind langs die kus sal lig tot matig suid tot suidoos waai, wat van die middag af sterker sal waai.
Gauteng Tomorrow 's Weather overview: 20/11/2023 pic.twitter.com/c3ILmyd1YS
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) November 19, 2023
North West Tomorrow 's Weather overview: 20/11/2023 pic.twitter.com/aeqYCpr4zt
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) November 19, 2023
Free State Tomorrow 's Weather overview: 20/11/2023 pic.twitter.com/CB4wHRJz8u
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) November 19, 2023
Northern Cape Tomorrow 's Weather overview: 20/11/2023 pic.twitter.com/sN980AUx52
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) November 19, 2023
OFM Nuus Corné
