On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Portchie maak gemeenskap deel van sy 60ste verjaarsdag

───   ELSABÉ DE JAGER 13:01 Mon, 20 Nov 2023

Portchie maak gemeenskap deel van sy 60ste verjaarsdag | News Article
Portchie glo elke mens ontvang by geboorte ’n boksie vol kleurkryte. Foto verskaf

Tussen blou geverfde bome wat 6 meter hoog is, asook ’n see van reusemadeliefies wat van die dak af hang, het 180 skilderye en 200 beelde plek gevind.

“Die ding wat ek vanjaar wou doen, was om ’n wêreldklasuitstalling aan te bied vir almal om te kan geniet.”

Hierdie droom het inderdaad vir Portchie, internasionaal bekroonde kunstenaar, gerealiseer toe die lint voor die stadsaal se deur op Stellenbosch verlede Saterdag geknip is. Dié boorling van Tweeling het sy arms oopgegooi en met die gasvryheid van ’n ware Vrystater sy 2 000 gaste ingenooi. ’n Sprokieswêreld vol kleur het op elkeen gewag.

Portchie, wat op 23 November 60 word, wou graag die vreugde en genade wat deur ses dekades aan hom uitgedeel is, deel met al sy vriende. Sy vriendekring wat wyd oor die wêreld strek, was duidelik hoorbaar in die mengelmoes van Duits, Sweeds, Hollands, Engels en Afrikaans wat saam in die stadsaal gekuier het.

Tussen blou geverfde bome wat 6 meter hoog is, asook ’n see van reusemadeliefies wat van die dak af hang, het 180 skilderye en 200 beelde plek gevind. Portchie sê dié uitstalling se tema draai om kleurpotlode. Elke mens ontvang by geboorte ’n boksie vol kleurkryte. Deur die jare kleur elkeen sy lewe in op sy unieke manier.

Blou bome en blomme gee nog méér kleur and die honderde kunswerke. Foto: verskaf

Dié kleurvolle kunstenaar dink ook in hierdie tyd dikwels aan sy ouers en sy grootwordjare in die Vrystaat. Die kleurvolheid van sy ma het vir hom gelê in haar gasvryheid. Sondae se tafel het altyd oorgeloop van gaste wat vir sy ma maar al te eensaam gelyk het tydens die oggenddiens. In sy pa se groentewinkel het Portchie hard gewerk. Dáár het hy geleer dat verskillende kleure saam op die groenterak die koper se aandag trek.

Ook dink dié gasvrye kunsskepper aan diegene wie se kleur plek-plek in hul lewe verdof het. Alle kaartjieverkope van die uitstalling wat tot 23 November duur, gaan aan Huis Horison en Geluksoord, twee liefdadigheidsorgansisasies op Stellenbosch.

Vir Portchie is 60 ’n ware mylpaal waarin hy beplan om sy dankbaarheid en liefde op alle vlakke uit te leef.

OFM Nuus/Elsabé de Jager  Daphné/Corné


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.