On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Jodelprinses Santa Vorster môre ter ruste gelê

───   ELSABÉ DE JAGER 13:09 Tue, 21 Nov 2023

Jodelprinses Santa Vorster môre ter ruste gelê | News Article
Santa se gedenkdiens sal môre in Vanderbijlpark plaasvind. Foto verskaf

“Jou musiek sal ons altyd koester.”

“Ma het soveel mense se lewe aangeraak, nie net deur Ma se musiek nie, maar ook deur die persoon wat Ma was. Plat op die aarde, ’n grapjas.”

So onthou Susan Labeda haar ma, vroeër jare bekend as die jodelprinses, wie se gedenkdiens môre in Vanderbijlpark plaasvind. Santa Vorster (70) is op 11 November oorlede.

Die sukses van haar eerste album, The Yodelling Princess, wat in 1965 uitgereik is, het aan haar die naam Jodelprinses besorg. So is sy tot haar dood onthou. Al is sy deur die destydse sanger Charles Jacobie, vir wie sy as voorsanger opgetree het, as die grootste Suid-Afrikaanse musiekvonds in baie jare beskryf, het sy altyd nederig gebly. Sy het die grootste deel van haar lewe in die Vaaldriehoek gewoon.

Santa Vorster was bekend as die jodelprinses. Foto verskaf 

Vriende op sosiale media onthou haar grootste treffers, She taught me to Yodel, Langs die Tuinmuur op ons plaas, My Friend, Mr Echo en Die Swerwerskind goed. “Jou musiek sal ons altyd koester,” skryf Ria van Wyk.

Vir Vorster se naasbestaandes was sy ’n talentvolle kunstenaar wat die hart van vele met haar musiek, humorsin en sagmoedigheid aangeraak het. Vir die wêreld om haar het sy vrede gebring.

OFM Nuus/Elsabé de Jager   Daphné/Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.