On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Verbruikers kry laer brandstofpryse as Kersgeskenk

───   ZENANDE MPAME 14:46 Tue, 21 Nov 2023

Verbruikers kry laer brandstofpryse as Kersgeskenk  | News Article
freightnews.co.za

“Brandstofpryse gaan na verwagting in Desember skerp daal.”

Suid-Afrikaners kan uitsien na ’n daling in brandstofpryse voor die feestyd. “Die daling sal verligting bring vir verbruikers wat veral sukkel voor die einde van die jaar,” sê die AA. Die petrolprys sal na verwagting met R1,06 per liter daal en die dieselprys met R2,10 per liter.

“Die daling in Desember is ’n welkome vooruitsig vir Suid-Afrikaanse verbruikers en produsente. Dit sal die koste verlaag van elektrisiteit wat deur kragopwekkers verskaf word, asook die druk verlig op boere en voedselmaatskappye,” sê die ekonoom Waldo Krugell.

‘Meeste boere het egter reeds diesel aangekoop‘

“Dit sal veral graanboere help wat gereed is om te plant en die pluimveebedryf wat ’n moeilike jaar beleef het met hoë energiekostes en die uitbreking van voëlgriep,” sê hy.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê hulle is dankbaar vir die daling, maar die meeste boere sal nie daarby baat nie. Hy sê dit is plantseisoen en baie boere het reeds diesel teen hoë pryse aangekoop.”

OFM Nuus/Zenande Mpame    Daphné/Corné 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.