On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek: Soektog duur voort nadat 2 deur Kliprivier meegesleur is

───   TSHEHLA KOTELI 16:00 Tue, 21 Nov 2023

Vaaldriehoek: Soektog duur voort nadat 2 deur Kliprivier meegesleur is | News Article
Die familie van die vermiste meisie was by een van die soektogte in die hoop dat hulle haar sou kry. Foto verskaf

“Die soektog duur voort nadat twee jong volwassenes in die Kliprivier verdwyn het.”

Die nooddienste van die Johannesburg-metro probeer steeds om twee mense op te spoor wat deur die Kliprivier in die suide van Gauteng meegesleur is.

Xolile Khumalo, EMS-mediaskakelbeampte, het aan OFM Nuus bevestig die Aquatic Rescue Unit en polisieduikers het die derde dag probeer om hulle te vind. Die 18-jarige vrou en 21-jarige man het Saterdag (18/11) tydens ’n rituele seremonie onder die water verdwyn.


Robert Mulaudzi, EMS-woordvoerder, het inwoners versoek om versigtig te wees wanneer hulle aan reinigings- of dooprituele deelneem om soortgelyke voorvalle te voorkom. Die familie van die vermiste meisie was by een van die soektogte in die hoop dat hulle haar sou kry.

Vroeër vanjaar het ’n tragedie die Moso Primary School in Hennenman in die Vrystaat getref toe ’n gr. 5-leerder verdrink het. Kabelo Patrick Jonas (12) was glo deel van 'n groep van vyf kinders wat in ’n gat geswem het wat ná reën vol water was. 

Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die seun het in die modder vasgesit nadat hy in die water geduik het. ’n Inwoner het vinnig sy liggaam gekry, maar hy is op die toneel dood verklaar.

OFM Nuus/Tshehla Koteli Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.