Central SA
Klerk van verkeersafdeling op Bethlehem kry borgtog─── ZENANDE MPAME 10:35 Thu, 23 Nov 2023
“Die beskuldigde is betrap met die R200 in sy besit.”
’n Administrasieklerk van die verkeersafdeling op Bethlehem is op borgtog van R2 000 vrygelaat nadat hy gister op aanklagte van korrupsie in die landdroshof verskyn het.
“Teboho Tote is Maandag deur die Valke in Bethlehem in hegtenis geneem,” sê Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder in die Vrystaat.
‘Die verdagte is betrap met die R200 in sy besit’
Vroeg vandeesmaand het die klaer sy lisensie gaan hernu, maar by die toonbank besef hy benodig ’n nuwe verslag van sy oogkundige. Tote wat by die toonbank gehelp het, het aangebied om die “probleem” teen ’n prys te laat verdwyn.
“Die Valke is van die transaksie ingelig en die beskuldigde is betrap met die R200 in sy besit,” sê Mohobeleli.
Die saak is tot Donderdag (7/12) uitgestel.
OFM Nuus/Zenande Mpame Daphné/Corné/Morné
