On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Polisielid glo betrokke by huisbrake in Upington

───   HEIDRÈ MALGAS 15:28 Thu, 23 Nov 2023

Polisielid glo betrokke by huisbrake in Upington | News Article

“Die polisie is in kennis gestel en kort daarna is ’n 32-jarige sersant in verband met die voorval in hegtenis geneem.”

’n Polisiesersant verskyn Vrydag in die landdroshof in Upington nadat hy in hegtenis geneem is in verband met ’n huisbraak in die omgewing Die gemeenskap van Upington was geskok toe hulle uitvind dat ’n polisielid Dinsdag by ’n huisbraak betrokke was.

Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê twee inwoners het ’n onbekende man in hul huis in Upington gekry, wat daarin geslaag het om deur ‘n gebreekte venster te ontsnap.

“Die polisie is in kennis gestel en kort daarna is ’n 32-jarige polisiesersant in verband met die voorval in hegtenis geneem,” sê Ehlers. “Daar is beslag gelê op ’n voertuig en ’n hoekslyper.” 

Luntu Ngubelanga, provinsiale kommissaris, het die wangedrag veroordeel en verseker dat misdadigers binne die diens hanteer sal word.

Misdadigheid en die klad op die naam van die polisie sal nie geduld word nie.

OFM Nuus/Heidre Malgas Corné/Daphné


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.