On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Upington: Hof weier borgtog in saak van verbrande tiener

───   HEIDRÈ MALGAS 15:28 Fri, 24 Nov 2023

 Upington: Hof weier borgtog in saak van verbrande tiener | News Article
Cashwin Theo Diteho. Foto verskaf

“Die hof het Elvis Sikepe se borgtogaansoek van die hand gewys.”

Die saak van drie mans van Paballelo, Upington, wat aangekla word van die wrede moord op ’n tienerseun is tot 24 Januarie uitgestel nadat een van die beskuldigdes borgtog geweier is.

“Die hof het Elvis Sikepe se borgtogaansoek van die hand gewys,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder. Sy medeaangeklaagdes, Isaacs Vywers (19) en Thomas Lebitsa (19), het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

Die drie word aangekla van die moord en ontvoering van Cashwin Theo Diteho (14). OFM Nuus het vroeër berig die beskuldigdes het na bewering op 1 Augustus by Diteho se huis aangekom en geëis dat hy dagga teruggee wat hy glo gesteel het.

Die seun het eers ontken hy het die dagga gesteel, maar Sikepe het glo gedreig om hom en sy vriende dood te maak omdat hy sy dagga gevat het.

Die saak is uitgestel tot 24 Januarie vir verdere ondersoek.

OFM Nuus/Heidre Malgas         Daphné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.