On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Jong man se liggaam uit rivier by Bethlehem gehaal

───   ZENANDE MPAME 15:06 Tue, 28 Nov 2023

Jong man se liggaam uit rivier by Bethlehem gehaal | News Article

“Die liggaam van die oorledene is deur die Sasolburg K9-eenheid uit die rivier gehaal. Die ondersoek duur voort.”

Die liggaam van ’n 20-jarige man van die Bohlokong Township in Bethlehem is Maandag (27/11) uit die water gehaal. Die polisie en reddingseenheid het ’n week lank na die vermiste man gesoek.

Die polisie se ondersoek duur voort en hulle soek na ses ander individue wat vermoedelik deel van die misdaad was.

“ ’n Saak van moord is tot die aanklagte van ontvoering en regsverydeling gevoeg nadat die liggaam van Hlalefang Motlokoa Maandag uit die rivier gehaal is.”

Gefrustreerde Bohlokong-inwoners het volgens die polisie in 2022 ook die reg in eie hande geneem en die huis en motor van ’n vermeende dwelmhandelaar in die omgewing afgebrand.

“ 'n Ma en 'n dogter is Vrydag (24/11) in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering, maar vrygelaat op versoek dat die liggaam gevind word. ’n Moordklag is bygevoeg nadat die liggaam gevind is,” sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder,

Daar word beweer dat ’n groep van agt mense Motlokoa van diefstal van hul eiendom by ’n sekere huis in Bohlokong beskuldig het. Hy het gehardloop en by sy ma se huis weggekruip, waar hulle hom gekry en hom vandaar weggeneem het.

“Inligting wat deur die gemeenskap oorgedra is, sê die jong man is laas by die Liebenbergsvleirivier gesien waar hy aan ’n boom vasgehou het,” sê Mophiring.

OFM Nuus/Zenande Mpame Corné/Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.