On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Plaaswerker in Upington-hof ná diefstal van sonpanele

───   ZENANDE MPAME 13:35 Wed, 29 Nov 2023

Plaaswerker in Upington-hof ná diefstal van sonpanele  | News Article
Die sonpanele nadat dit uitgegrawe is. Foto: SAPS

“Die Malawiese burger het die sonpanele op die plaas begrawe.”

’n Plaaswerker het in die landdroshof in Upington verskyn omdat hy sonpanele van ’n plaas naby dié Noord-Kaapse dorp gesteel het. Simon Chokomka het Dinsdag (28/11) vlugtig in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding en die saak is tot Woensdag (6/12) vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Hy het na bewering op 20 November drie sonpanele ter waarde van R8 000 by sy werkgewer gesteel. Die boer het die polisie gebel toe hy agterkom die sonpanele is weg.  

Simon  Chokomka moes die sonpanele weer opgrawe. Foto: SAPD

“Die Malawiese burger het die sonpanele op die plaas begrawe toe hy besef het die boer weet dit is weg,” sê Mojalefa Senokoatsane, Noord-Kaapse NVG-woordvoerder. Dit is later aan die eienaar terugbesorg.

Operasie Shanela fokus op misdaadbrandpunte en bykomende polisielede is ontplooi vir ’n veilige feestyd. Tydens hierdie operasies gaan die polisie hul pogings verskerp om beslag te lê op onder meer gevaarlike wapens en dwelms soos tik, dagga en Mandrax, voertuie en drank. Daar is ook toegeslaan op snoepwinkels en items wat verval het, is verwyder en vernietig.

OFM Nuus/Zenande Mpame    Daphné/Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.