Central SA
Verlate pasgebore baba se ma dringend gesoek─── HEIDRÈ MALGAS 11:48 Fri, 01 Dec 2023
“Die baba, wie se naelstring nog aan was, was in ’n vuil handdoek toegedraai.”
Die polisie in Odendaalsrus is dringend op soek na die ma van ’n pasgebore baba wat verlate gevind is.
Die babameisie is op Vrydag (29/9) omstreeks 10:50 naby ’n blyplek in die K10-gebied van Kutloanong ontdek, sê Stephan Thakeng, polisiewoordvoerder.
Die baba, wie se naelstring nog aan was, was in ’n vuil handdoek toegedraai. Sy is in die Goudveld-hospitaal opgeneem.
“Die polisie onder sake van kinderverwaarlosing, poging tot moord en die versuim om ’n geboorte aan te meld,” sê Thakeng.
Enigiemand met meer inligting oor die verlating van die baba of die ma kan die ondersoekbeampte Malearongwa Mokoena van die eenheid vir gesinsgeweld, kindersbeskerming, en seksuele misdrywe by 071 679 0988 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.
OFM Nuus/Heidrè Malgas Corné/Daphné
