On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Nigeriër in Kimberley aangekeer vir mensehandel; borgtog geweier

───   HEIDRÈ MALGAS 14:49 Fri, 01 Dec 2023

Nigeriër in Kimberley aangekeer vir mensehandel; borgtog geweier | News Article

“Tydens die aanhouding by ’n Kimberley-motel is twee slagoffers, ’n 17-jarige meisie en ’n 29-jarige vrou, in sy kamer gevind.”

Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië is borgtog geweier deur die Kimberley-streekhof nadat twee vroue in sy hotelkamer gekry is. Hulle is glo as sekswerkers misbruik.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die individu word beskuldig van mensehandel, aanranding, verkragting, gedwong verkragting, besit van onwettige dwelms, asook die feit dat hy ’n onwettige immigrant is.

“Tydens die aanhouding by ’n Kimberley-motel is twee slagoffers, ’n 17-jarige meisie en ’n 29-jarige vrou, in sy kamer gevind,” sê Senokoatsane.

Hy sê hulle het aan die polisie gesê dat hulle van Johannesburg na Kimberley is, waar hulle in die hotelkamer gevange gehou is en gedwing is tot prostitusie deur die beskuldigde. Onwettige dwelms is ook tydens die soektog in die beskuldigde se kamer aangetref.

Tydens die borgtogaansoek het die hof geleer dat die beskuldigde, oorspronklik van Nigerië, sonder geldige dokumentasie in Suid-Afrika is aangesien sy permit in 2018 verval het.

“Daar is ook opgemerk dat hy nie 'n vaste adres gehad het en 'n potensiële vlugrisiko ingehou het. Die hof is bewus gemaak van die slagoffers se ervarings, wat beskryf hoe hulle deur die beskuldigde gelok en uitgebuit is vir seksuele werk op verskillende plekke,” vertel hy.

Die saak is uitgestel tot 30 Januarie 2024 en die beskuldigde sal in aanhouding bly tot die volgende hofdatum.

OFM Nuus/Heidrè Malgas Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.