On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse vrou (22) maand later steeds vermis; boodskap van tannie

───   HEIDRÈ MALGAS 15:45 Fri, 01 Dec 2023

Bloemfonteinse vrou (22) maand later steeds vermis; boodskap van tannie | News Article
Lesego Mamello Motaung is steeds vermis. Foto verskaf

“Om heel eerlik te wees, ek het niks opgemerk nie, maar sy het uitgeslaap die aand van die Springbokke se Rugbywêreldbeker-eindstryd.

Lesego Mamello Motaung (22) van Bloemfontein is reeds vir meer as ’n maand vermis en is laas deur haar familie in Bloemfontein gesien op 30 Oktober toe sy haar huis in Uitsig verlaat het op pad na haar werk by 'n kitskosrestaurant in Zastronstraat, Westdene.

Motaung se tante, Ntebo Mogwase, wat die laaste persoon was wat haar gesien het, sê sy het Motaung by die huis gelos op die dag toe sy vermis geraak het. Dit was op 30 Oktober 2023 om 07:10 toe sy na haar werk vertrek het.

"Sy sou blykbaar om 11:00 by die werk moes wees, dit is wat sy vir my gesê het, maar dit het later tydens die ondersoekproses geblyk dat sy eintlik om 12:00 by die werk moes wees. Dit mag dalk verander het, ek weet nie, omdat hulle werksure nie altyd dieselfde is nie," het Mogwase gesê.

Sy het bygevoeg dat Motaung geen konflik met enige iemand in die huis gehad het nie, selfs by die werk het sy nooit iets ongewoons aan haar gerapporteer nie.

“Om heel eerlik te wees, het ek niks opgemerk nie, maar sy het uitgeslaap op die dag van die Springbokke se Rugbywêreldbeker-eindstryd. Sy het genoem dat sy by ’n sekere dame wat saam met haar werk, gaan oorslaap. Sy het die volgende dag huis toe gekom na werk sonder haar toiletware, asof sy dit later sou gaan haal, maar dit was baie ongewoon van haar,” het sy bygevoeg.

Mogwase sê dat Motaung haar selfoon by haar gehad het ten tyde van haar verdwyning. Op dié dag is geld uit haar rekening onttrek. Op hierdie stadium weet sy nie wat om te dink nie.


Polisiewoordvoerder Thabo Covane het gesê 'n saak van ontvoering is geopen by die Parkweg-polisiestasie.

"Enige lid van die publiek wat die polisie kan help om haar op te spoor, word versoek om kaptein Yaliwe Mokoena te kontak by 082 5262 653."

Alternatief kan die inligting ingedien word op die MySAPS-toep of skakel die Misdaadstopnommer 0860 10111.

OFM Nuus/Heidrè Malgas Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.