On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Hittegolf in Sentraal-Suid-Afrika herskryf rekordboeke

───   06:01 Sat, 02 Dec 2023

Hittegolf in Sentraal-Suid-Afrika herskryf rekordboeke | News Article
Illustrasie: The Citizen

Hittegolftoestande word Saterdag in Noordwes en Gauteng verwag, en sal Sondag opnuut in die Vrystaat intrek waar dit na verwagting tot Dinsdag 5 Desember sal duur.

Nadat Sentraal-Suid-Afrikaners rekordhoë temperature in November moes verduur, bied die begin van Desember nie juis verligting nie. Hittegolftoestande word Saterdag (2/12) in Noordwes en Gauteng verwag, en sal Sondag opnuut oor die Vrystaat heers waar dit na verwagting tot Dinsdag (5/12) sal voortduur.

Die onlangse hittegolf oor die binneland het rekords herskryf vir Novembermaand toe temperature van bo 40 °C in sekere gebiede aangeteken is. In dele van die Noord-Kaap, soos Prieska, Kimberley, die Augrabies-waterval, Upington en Taung, het die kwik bo 41 °C gaan draai.

Warm toestande bereik hoogtepunt in NK, NW en VS

Die warm toestande het hul hoogtepunt bereik in die Noord-Kaap en het tot in Noordwes en die Vrystaat gestrek, sê Musa Mkhwanazi, senior wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Weerdiens. “Op 19 November het die noordooste van die land snikhete toestande ervaar weens ’n oppervlak-hoogdrukstelsel.”

Novemberrekords is herskryf wat die maksimum- sowel as minimumtemperatuurmetings betref. “Die outomatiese weerstasie by die Augrabies-waterval het die hoogste maksimum temperatuur van 46,7 °C aangeteken, wat die rekord vir November, naamlik 46,2°C op 28 November 2019, oortref het. 

“Die hoogste maksimumtemperatuurrekord vir die Augrabies bly 48,6 °C, gemeet op 5 Januarie 2016, (maar) die 46,7 °C is die nuwe rekord vir November,” sê Mkhwanazi.


El Nino-verskynsel steeds steeds met ons

Die El Nino-verskynsel kan steeds sy invloed in die volgende paar maande laat geld en die vooruitsigte vir die reënvalvoorspelling vir middel- en laatsomer verander, voorspel Mkhwanazi. “Minimum en maksimum temperature sal na verwagting meestal landwyd bogemiddeld wees vir die voorspellingsperiode.”

Die SA Weerdiens het ook gewaarsku teen uiters hoë brandgevaartoestande oor die oostelike Noord-Kaap sowel as Wen- en Sentraal-Vrystaat en Noordwes verwag word.

“Hittegolftoestande, wat aanhoudende hoë temperature bo die gemiddelde maksimum tot gevolg het, word verwag oor die ooste van Noordwes asook Gauteng, wat Sondag na die Sentraal- en Noord-Vrystaat versprei en tot Dinsdag voortduur,” voorspel die diens.



Saterdag se weervoorspelling:

Gauteng:
Mooiweer en warm, maar baie warm in die noorde.
Die verwagte UVB-sonbrandindeks: Ekstreem

Noordwes:
Fyn en warm tot baie warm.

Vrystaat:
Mooiweer, word gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

Noord-Kaap:
Bewolk in die oggend met baie geïsoleerde donderbuie oor die binneland vroegoggend, wat oorgaan in gedeeltelik bewolk en warm, maar warm tot baie warm op plekke, terwyl dit vanaf die middag uit die weste opklaar.

OFM Nuus Corné vertaal/Morné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.