On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

13 onwettige mynwerkers in Noordwes in hegtenis geneem

───   12:12 Sun, 03 Dec 2023

13 onwettige mynwerkers in Noordwes in hegtenis geneem | News Article

’n Multidissiplinêre taakspan het ‘n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van 13 ongedokumenteerde persone.

Te midde van onwettige mynbedrywighede wat ongekende afmetings aanneem, het ‘n multidissiplinêre taakspan Vrydag (1/12) ’n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van 13 ongedokumenteerde persone tussen die ouderdomme van 15 en 46.

Die span, wat bestaan uit die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), Klerksdorp se Onwettige Mynwese Taakspan, die Nasionale Ingrypingseenheid, Noordwes Plofstowwe Eenheid, K9 en Noordwes Motorfietseenheid, is deel van die Minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, se nuwe taakspan vir ekonomiese infrastruktuur.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is deel van die taakspan. Foto verskaf

Die verdagtes is op die rand van die ongebruikte Wolwerand-goudmyn in Klerksdorp gearresteer op aanklag van oortreding van Artikel 49 van die Wet op Immigrasie, Wet 13 of 2002.  ‘n Voorlopige ondersoek kon hulle nie met onwettige mynbedrywighede in die gebied verbind nie, sê lt.kol. Tinyiko Mathebula, Valke-woordvoerder in Noordwes. 

Die verdagtes sal hierdie Maandag in die Klerksdorp -landdroshof verskyn.

Onwettige mynwerkers het hul toerusting op die toneel agtergelaat en gevlug. Tydens die optrede is op vyftien handgedrewe silinders, bekend as phendukas, agt kragopwekkers, ‘n watertenk, waterpype en ander myntoebehore beslag gelê.  Vier informele goudverwerkingsapparate is vernietig.

Die waarnemende hoof van die Valke in Noordwes, brig. Malima, het die span bedank vir hul poging om onwettige mynbedrywighede te ontwrig.

OFM Nuus Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.