On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Ontvoerings, vroue- en kindermoorde wek kommer in Vrystaat

───   KEKELETSO MOSEBETSI 15:10 Wed, 06 Dec 2023

Ontvoerings, vroue- en kindermoorde wek kommer in Vrystaat | News Article
Photo: OFM

““Ek doen ‘n beroep op ouers om hul kinders se bewegings en deelname op sosiale media te monitor.”

Die provinsiale regering het met wetstoepassingsagentskappe saamgespan om die oortreders agter die ontvoering en moord op vroue en kinders in die Vrystaat vas te trek.

Die liggaam van Machaka Radebe (16) , ‘n  leerder van die Brebner Secondary School in Rocklands in Bloemfontein, is Maandag met steekwonde gevind. Haar ontvoerders het ’n losprys geëis vir haar veilige vrylating. Die liggaam van Khethiwe Nkambule (48) is verlede week met ‘n skietwond by South Park ontdek. Nkambule was ‘n onderwyseres by die Bainsvlei Gekombineerde Skool.

Die Vrystaatse polisie soek steeds na Lerato Masiu (23), wat laas op 16 November gesien is saam met ‘n man wat hom as ‘n ondersoekbeampte voorgedoen het, en Lesego Motaung (22) wat op 30 Oktober as vermis aangemeld is nadat sy van haar huis in Uitsig op pad na haar werk in Westdene verdwyn het.  

Thabo Meeko, waarnemende lid van die Vrystaatse uitvoerende raad vir maatskaplike ontwikkeling, het gemeenskappe teen die kommerwekkende nuwe tendense gewaarsku. “Ek doen ‘n beroep op ouers om hul kinders se bewegings en deelname op sosiale media te monitor en om veral op hul hoede te wees wannneer vreemdelinge naby hul kinders is,” sê hy.

President Cyril Ramaphosa het in 2022 geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord as ‘n pandemie verklaar. Thambile Nqabeni, woordvoerder vir die Vrystaatse Department van Maatskaplike Ontwikkeling, sê Meeko het ook onderneem om die families wat deur die tragedie geraak word te ondersteun.

Die ANC in die Vrystaat het sy ontevredenheid uitgespreek oor die sinlose en brutale aanvalle op vroue en kinders.  Jabu Mbalula, provinsiale ANC-woordvoerder, sê MaQueen Letsoha-Mathae, lid van die uitvoerende komitee vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, is opdrag gegee om ervare speurders aan te stel om die misdadigers aan te keer. 

‘n Stemnota is op sosiale media versprei oor ’n foto van ‘n voertuig wat na bewering betrokke is in die ontvoering van jong meisies in Bloemfontein.

Montantsi Mkahele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die gemeenskap verseker dat alle inligting deur hul span deskundiges verwerk word.  “Ek wil die publiek vra om nie onnodig paniek te saai nie.  Ons werk dag en nag om die vermiste slagoffers te kry en die verdagtes in die moord van Machaka Radebe en ander sake op te spoor,” sê hy.

 “Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris,  het die Mangaung-distrikskommissaris opdrag gegee om ontplooiings te verskerp.”  

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi   dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.