On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaars moet onveilige drinkwater kook

───   09:31 Fri, 08 Dec 2023

Noord-Kapenaars moet onveilige drinkwater kook  | News Article
Lambert de Klerk, bestuurder vir omgewingsake by AfriForum. Foto: AfriForum

“As die verslag sê daar is ‘n probleem en as kraanwater jou enigste opsie is, kook asseblief die water voordat jy dit drink.”

Luidens die Departement van Water en Sanitasie se Bloudruppel-verslag, wat vandeesweek uitgereik is, is 87% van die Noord-Kaap se drinkwaterstelsels in ’n haglike toestand wat die provinsie se water onveilig maak vir menslike verbruik.

In 2014 was dit 48%. Die agteruitgang van drinkwaterstelsels in die Vrystaat het sedert 2014 van 31% tot 59% gestyg.

Selfs Senzo Mchunu, minister van Water en Sanitasie, sal twee keer dink voordat hy vir hom ‘n glas Noord-Kaapse kraanwater tap. Die 702-omroeper Bongani Bingwa het Mchunu vandeesweek gevra of hy die kraanwater in die provinsie sal drink. “As die verslag sê daar is ‘n probleem en as kraanwater jou enigste opsie is, kook asseblief die water voordat jy dit drink. Dit is die enigste raad wat ons in hierdie stadium vir inwoners kan gee,” het hy geantwoord.

Die Noord-Kaap se water is onveilig vir menslike verbruik.

Mchunu het aangedui dat sy raad as amptelike advies uitgereik sal word ná samesprekings met die department se direkteur-generaal, Sean Phillips.

Die redes vir die krisis is ‘n kombinasie van nie-infrastrukturele faktore, byvoorbeeld ‘n gebrek aan ervare personeel en infrastrukturele toestande soos swak instandhouding. Die Bloudruppel-verslag het bevind die Noord-Kaap ondervind die grootste tekort aan gekwalifiseerde personeel.

Vroeër vanjaar het Lambert de Klerk, bestuurder vir omgewingsake by AfriForum, gesê landwyd het meer as die helfte van drinkwaterstelsels ’n swak of slegte mikrobiologiese watergehaltestatus; 71% voldoen nie aan die standaarde vir chemiese samestelling van drinkwater nie; en 334 munisipale aanlegte vir rioolwaterbehandeling is in 2022 tot ’n kritieke toestand verklaar.

OFM Nuus/Linette Retief dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.