On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Michael Pretorius kry sy prostese ná Sasolburg-ongeluk

───   KAREN VAN DER BERG 10:51 Fri, 08 Dec 2023

Michael Pretorius kry sy prostese ná Sasolburg-ongeluk | News Article
. Michael het Woensdag sy prostese gekry. Hy en sy pa, Nicky, is baie dankbaar vir die nuwe hoofstuk wat nou kan begin. Foto: Verskaf

"Die prostese laat hom ook beter voel omdat mense nie meer so staar na sy stukkie been wat oor was na die amputasie nie."

Hy voel soos ’n nuwe mens. Hy is opgewonde, vol selfvertroue en is lus om die nuwe hoofstuk van sy lewe aan te durf.

So sê Nicky Pretorius oor sy seun Michael (22), wat vandeesweek ’n prostese vir sy been ontvang het. Michael en sy broer Nicky was op 28 Junie in ’n motorongeluk in Sasolburg betrokke.

Nicky is die dag ná die ongeluk in die Sasolburg-hospitaal dood. Michael is met veelvoudige beserings in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Sy linkerbeen is twee maande ná die ongeluk geamputeer.

Michael Pretorius het Woensdag sy prostese gekry. Foto verskaf

Hulle is baie dankbaar dat Michael die prostese kon kry, sê Nicky. “Hy voel of hy met sy eie been loop. Dit is wel nog bietjie moeilik, maar hy is so dapper en is sterk. Ons glo hy sal een van die dae heeltemal sonder die krukke ook regkom,” sê sy pa. Hy oefen baie hard om te loop.

“Die prostese laat hom ook beter voel omdat mense nie meer so staar na sy stukkie been wat oor was na die amputasie nie.” As dinge nou aanhou verbeter kan Michael weer in Januarie begin werk. Hy sal ook graag weer later op sy eie wil bly.

Die prostese is deur Weyers Prinsloo ortopediese dienste in Pretoria gemaak. “Hulle was almal baie beïndruk met hoe gemaklik Michael kon loop,” vertel Nicky.

Michael en sy ma, Lena Rossouw. Foto verskaf

Emosioneel kry die gesin nog swaar want die verlange na Nicky is ondraaglik. “Die Kerstyd laat ons nog meer verlang. Ons gaan op Kersdag die ongelukstoneel besoek en blomme neersit.”

Dit was ’n swaar jaar, sê Nicky. “Maar daar het soveel wonderlike en mooi dinge ook uitgekom. Ons wil regtig mense bedank vir hul ondersteuning en liefde. Ons sou nie hierdie alleen kon aanpak nie.”

OFM Nuus/Karen van der Berg dg/mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.