On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Rosendal vergroen met dosyne bome

───   11:43 Fri, 08 Dec 2023

Rosendal vergroen met dosyne bome | News Article
Altesaam 648 bome is geplant. Foto: Verskaf.

“Die projek is ‘n doeltreffende en kragtige manier waarop individue en gemeenskappe ’n bydrae tot die skepping van ‘n gesonder planeet kan lewer.”

Die Dihlabeng-munisipaliteit het in ‘n gesamentlike onderneming met die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye begin met ’n inheemse boomplantprojek om vergroening in die omgewing te bevorder.

Die projek het op Rosendal begin met die aanplant van 148 bome en later na die Wolhuterskop-natuurreservaat verskuif waar nog 500 bome geplant is.

Die munisipale woordvoerder en kommunikasiebestuurder Tshediso Maitse beskryf die projek as ’n doeltreffende en kragtige manier waarop individue en gemeenskappe ’n bydrae tot die skepping van ‘n gesonder planeet kan lewer.

‘Jong mense het in die proses tydelike poste vir hulself te bekom’

Die projek help met werkskepping in die gemeenskap. “Jong mense het daarin geslaag om in die proses tydelike poste vir hulself te bekom,” het hy gesê.

Die ooreenkoms met die departement het verlede jaar in November begin en in November vanjaar tot ’n einde gekom. Die rede vir die aanplanting was die funksie van bome as natuurlike lugsuiweraars wat koolstofdioksied absorbeer en suurstof vrystel.

Die munisipaliteit bedank inwoners wat die sukses van die projek verseker het deur daaraan deel te neem.

OFM Nuus/Tumelo Khotha CG

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.