Central SA
Midvaal belê miljoene om inwoners teen beurtkrag te beskerm─── ZENANDE MPAME 08:43 Sat, 09 Dec 2023
Die Midvaal-munisipaliteit het R 1,7 miljoen belê om sy inwoners te beskerm teen rioolstortings tydens beurtkrag.
'n Program is deur die munisipaiteit van stapel gestuur om hernubare kragvoorsieningstelsels by pompstasies te installeer.
“Die munisipaliteit het ’n aansienlike bedrag van meer as R1,7 miljoen belê om die batterybergingstelsel by die Adelaar- en Leeu-pompstasies in Daleside te installeerm. Hierdie twee pompstasies is geprioritiseer weens hul hoë volume rioolvloei en hul nabyheid aan die Kliprivier,” sê Midvaal uitvoerende burgemeester Peter Teixeira.
Die hoë voorkoms en erns van beurtkrag het toegeneem oor die afgelope paar jaar in Suid-Afrika, het Teixeira bygevoeg. Dit het die munisipaliteit genoop om voorkomende en regstellende stappe te neem om hul inwoners te beskerm.
“Die Midvaal-munisipaliteit doen baie moeite om inwoners teen beurtkrag te beskerm en om kreatiewe en innoverende oplossings vir probleme te vind,” het Teixeira gesê.
OFM-nuus
