Central SA
Golf van ontvoerings van jong meisies en vroue wek kommer in Vrystaat─── 09:18 Sat, 09 Dec 2023
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is uiters bekommerd oor die toename in beweerde ontvoerings van jong meisies en vroue in die Vrystaat.
'n Vlaag van ontvoerings van jong meisies en vroue wek kommer, te midde van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders veldtog.
Die 22-jarige Lesego Mamello Motaung is as vermis aangemeld deur haar tante by Parkweg-polisiestasie op 30 Oktober, maar die ondersoek na haar verdwyning het tot dusver geen resultate opgelewer nie.
Vrystaat-polisie ondersoek ook ’n ander ontvoeringsaak van die 23-jarige Lerato Masiu, wat laas gesien is deur haar ma op Donderdag, 16 November 2023. Lerato het na bewering die huis verlaat met ’n onbekende Afrikaanse man wat voorgegee het om ’n ondersoekbeampte te wees.
Die onlangse ontvoeringsaak van die 16-jarige Machaka Radebe het tragies geëindig toe ’n verbyganger haar liggaam ontdek het, twee dae nadat sy op 2 Desember as vermis aangemeld is. Radebe is laas gesien by haar gesinshuis in Rocklands, Bloemfontein.
Die familie het haar op haar foon prober kontak maar volgens polisieverslae is Radebe se foon deur ’n onbekende man geantwoord wat ’n kontantlosprys geëis het vir haar veilige terugkeer. Die tiener sal Saterdag (9/12) ter ruste gelê word. Die Minister van Polisie en die Nasionale Kommissaris van die SAPD en bestuur van die Vrystaat SAPD sal die begrafnisdienste bywoon.
