Central SA
Moqhaka-raadslid verskyn in hof ná beweerde verkragting─── ZENANDE MPAME 12:26 Mon, 11 Dec 2023
“Ons doen ook ’n beroep op die ANC om sy lid te dissiplineer vir sy optrede tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.”
’n Raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit wat van verkragting aangekla word, het vandag (11/12) in die hof verskyn.
“Ek kan bevestig dat ’n 37-jarige man Maandag in die landdroshof in Viljoenskroon verskyn het nadat hy na bewering ’n 22-jarige vrou verkrag het,” sê Josephine Rani, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Hy is in aanhouding sedert hy verlede week in hegtenis geneem is.
Die vrou ken die raadslid en het na bewering vroeg verlede Maandagoggend hom gevra of hy haar huis toe kan neem. Hy het glo na ’n plaas naby die Fezile Dabi-distrik gery en haar verkrag.
‘Die beskuldigde is sedert sy eerste hofverskyning in aanhouding’
Die EFF in die Fezile Dabi-distrik eis dat die raadslid en lid van die burgemeesterskomitee verwyder word, sê April Motaung.
“Ons doen ook ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om alle uitstaande sake van geslagsgeweld, verkragting en vrouemoord te bespoedig omdat mense alle hoop in die regstelsel verloor het.”
Rise Mzansi wil sy ontevredenheid uitspreek oor die beweerde verkragting deur die Moqhaka-raadslid, sê die Vrystaatse Rise Mzansi-kommunikasiebeampte Mokgadi Kganakga. “Ons doen ook ’n beroep op die ANC om sy lid te dissiplineer vir sy optrede tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.”
Albei partye het vandag (11/12) die borgtogverhoor bygewoon.
‘Die ANC moet sy lid vir sy optrede dissiplineer’
Intussen is die DA in Moqhaka bekommerd oor die 2022/23-prestasieverslag. Die munisipaliteit het net 49% van sy sleutelprestasiedoelwitte behaal.
“Veral ontstellend was die tekortkominge in lewensbelangrike gebiede soos die aantal huishoudings met toegang tot basiese sanitasie, die hersiening en goedkeuring van die grondgebruikskema, en die frekwensie van wyksvergaderings,” sê DA-raadslid Palesa Mpele.
Die swak prestasie dui op die munisipaliteit se onvermoë om stiptelik die nodige gehaltediens aan die gemeenskappe te lewer weens strukturele tekortkominge, gebrek aan kundigheid en onvoldoende instandhouding, sê Mpele.
OFM News/Zenande Mpame dg/cg/mc
