On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vanderbijlpark: Peuter met hidrokefalie se breinoperasie ’n sukses

───   HEIDRÈ MALGAS 10:42 Tue, 12 Dec 2023

Vanderbijlpark: Peuter met hidrokefalie se breinoperasie ’n sukses | News Article
Nolan Marais, eet ná die operasie al self sy roomys. Foto verskaf

“Hy het gesê die sist is steeds daar en groot, maar dit druk nie op gevaarlike areas soos sy ruggraat nie.”

’n Amper twee jaar oue peuter van Vanderbijlpark, by wie ernstige hidrokefalie gediagnoseer is, se breinoperasie was ’n sukses.

Voor Nolan Marais ouers, Jessica en Dean Marais, uitgevind het die breinoperasie het geslaag, het ’n radioloog hulle groot laat skrik deur te sê sy sien geen verandering op die skanderings nie. Die neurochirurg wat op hom geopereer het, het egter goeie nuus vir hulle gehad.

Jessica sê op 21 November is Nolan opgeneem vir ’n opvolg-RT-skandering. Kort daarna is sy gevra wat presies die neurochirurg gedoen het, aangesien die radioloog dit nie kon sien nie.

Nolan Marais (23 maande) van Vanderbijlpark. Foto verskaf

“Sy het gesê dat sy brein wys dat die sist steeds groot is,” onthou Jessica. “Toe het ek gevra oor die hidrokefalie, en dis toe waar sy gesê het: ‘It’s all still the same, nothing changed, the ventricles are still large, the surgery didn’t work.’ ”

Sy het met Nolan uitgestap, en hulle het die pediater die volgende oggend gesien. Die pediater het gesê dat sy gesien het wat op die X-strale staan en het die neurochirurg gebel. Hy het gesê hulle kon huis toe gaan en hulle moes hom die volgende week spreek, op 30 November.

“Ek het ons tasse gepak omdat ek ’n operasie verwag het – want die radioloog het gesê niks het verander nie.”

Dit gaan beter met Nolan Marais van Vanderbijlpark ná sy breinoperasie. Foto verskaf

Hulle het byna twee uur gewag om die dokter te spreek. Hy het vir hulle gesê die vorige operasie was ’n sukses, die vog dreineer mooi en die druk op die brein is weg.

“Hy het gesê die sist is steeds daar en groot, maar dit druk nie op gevaarlike areas soos sy ruggraat nie. Ons moet hom los om te ontwikkel, en klinies kan jy sien hy doen baie goed.

“Ons gaan ’n opvolg MRI doen op 29 Februarie en dan besluit of die neurochirurg gaan opereer of nie. Maar vir nou is Nolan oukei en doen hy baie goed.”

Nolan het nege weke ná sy operasie sy eerste tree gegee. Hy kan al tot tien tel, hy ken al sy kleure, sy syfers en letters, sy diere en hulle geluide, sy liggaamsdele, die bewegings van ’n paar liedjies, en sing saam met “Old MacDonald”.

OFM Nuus/Heidré Malgas  dg/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.