On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Raadslid van Kroonstad weer in hof vir verkragtingsaak

───   ZENANDE MPAME 14:22 Tue, 12 Dec 2023

Raadslid van Kroonstad weer in hof vir verkragtingsaak | News Article

“Ons sal hierdie saak bywoon en monitor.”

Die Moqhaka-burgemeesterskomiteelid wat van verkragting aangekla word, sal Woensdag (13/12) in die landdroshof in Viljoenskroon verskyn sodat sy borgtogaansoek hervat kan word.

Die saak is Maandag (11/12) ná sy formele borgtogaansoek uitgestel, het Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, gesê.

'Die verdagte is in aanhouding'

’n 22-jarige vrou het na bewering op 4 Desember in die vroeë oggendure ’n saamrygeleentheid by hom gekry. Hy het toe na ’n plaas gery en haar verkrag.

Rise Mzansi en die EFF het die borgtogaansoek Maandag (11/12) bygewoon. “Ons sal hierdie saak bywoon en monitor,” het April Motaung, streekwoordvoerder van Fezile Dabi, gesê.

EFF sê hulle sal hierdie saak bywoon en monitor. Foto verskaf

“Dit is die verdagte se tweede hofverskyning vanjaar. Hy is op 14 Maart in hegtenis geneem vir aanranding en die oortreding van ’n hofbevel. Ons monitor die ANC se optrede omdat geregtigheid deurslaggewend is vir beide die onskuldiges en die skuldiges,” het DA-raadslid Chris Dalton gesê.

“Die burgemeesterskomiteelid se beweerde optrede ondermyn die geloofwaardigheid van pogings om vroue en kinders in Moqhaka te beskerm.”

OFM News/Zenande Mpame  dg/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.