On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie in Noord-Kaap vang dwelmsmous, vind 300 kg dagga

───   14:17 Wed, 13 Dec 2023

Polisie in Noord-Kaap vang dwelmsmous, vind 300 kg dagga | News Article
Beslag is gelê op plastiekhouers en sakke met meer as 300 ton dagga. Foto: Upington SAPD

Beslag is gelê op 302,395 kg verwerkte hidroponiese dagga met ’n waarde van R47 miljoen.

Noord-Kaapse polisie het ’n vermeende dwelmhandelaar aangekeer en beslag gelê op meer as 300 kg hidroponiese dagga, wapens en ammunisie. 

Upington se grenspolisie Maandag (11/12) inligting opgevolg oor ’n dwelmbesending wat per koerierdiens na Upington onderweg was. Hulle is na ’n plaas in die distrik Kenhardt, waar hulle op ’n uitgebreide daggakwekery afgekom het. 

Beslag is gelê op meer as 300 kg verwerkte hidroponiese dagga van R47 miljoen, asook 6 kg dagga van R918 060 en 872 daggaplante van R87 200.

‘Vuurwapens en ammunisie is ook gevind’

Vuurwapens en ammunisie  is ook in die polisie se soektog gevind. Die eienaar kon nie die nodige dokumentasie daarvoor verskaf nie. Dit sluit in agt gewere en twee rewolwers met 'n geraamde waarde van R350 000 en ammunisie van R16 000.

Beslag is gelê op onwettige vuurwapens en ammunisie. Foto: Upington SAPD

Die perseel is verder deursoek en daggaplante, verwerkte dagga, towersampioene, verpakkingsmateriaal, weegskale en ’n onbekende bedrag kontant is gevind.

Gedroogde towersampioene was ook onder die vonds. Foto: Upington SAPD

’n Man (44) is in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die onwettige handel in dwelms in hegtenis geneem, sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Thabo Mphuthi, distrikskommissaris, het Upington se grenspolisie, die hoofwegpatrollie en lede van die polisie se misdaadintelligensie bedank vir hul vinnige optrede.

OFM Nuus dg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.