On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes tref maatreëls om toeristeaanvalle te bekamp

───   10:50 Thu, 14 Dec 2023

Noordwes tref maatreëls om toeristeaanvalle te bekamp | News Article
Veiligheidsmaatreëls is ingestel om aanvalle op toeristebusse in Noordwes te verminder. Foto: Shannon Lilly Photography

“Sun City is een van die talle instansies in die Bojanala-streek wat hierdeur geraak word en wie se bestaan afhanklik is van toerisme.”

Met die hoogtepunt van die toeristeseisoen reeds aan die gang, het Noordwes  maatreëls ingestel om aanvalle op toeristebusse in die provinsie te verminder.

Die provinsie het 35 voertuie langs die N4, die R566 en ander provinsiale roetes ontplooi om toerbusse te begelei en sekuriteitsteenwoordigheid op hierdie roetes te handhaaf.

Dit volg op twee afsonderlike voorvalle waar toeristebusse deur kapers in die provinsie aangeval is.

’n Minibus wat Duitse, Poolse, Britse, Amerikaanse toeriste vervoer het, is op 2 Desember onderskep en die reisigers is in die Mooinooi-omgewing beroof, terwyl daar op 24 November op ’n 60-sitplekbus wat Australiese toeriste vervoer het, geskiet is terwyl hulle op pad was na Sun City.

In ’n media-inligtingsessie wat Woensdag by Sun City gehou is, het die hoofbestuurder, Brett Hoppe, gesê die ontplooiing van die voertuie sal verseker dat alle toeriste – plaaslik en internasionaal – wat die provinsie besoek veilig is.

“Sun City is een van die talle instansies in die Bojanala-streek wat hierdeur geraak word en wie se bestaan afhanklik is van toerisme.

“Ons moes vinnig optree en ek dink die LUR se kantoor en die hoofdirekteur het hierdie aangeleentheid absolute voorkeur gegee. Die provinsiale kommissaris van SAPD was integraal betrokke by die plan en het die verskillende inisiatiewe onderskryf.

“Sommige van die inisiatiewe wat ons en die SAPD uitvoer, is vertroulik op hierdie tydstip, maar glo my, hulle het die uitdaging ernstig opgeneem en ek is regtig bly om te kan sê dat Sun City die seisoen met ’n groot gevoel van gemak kan betree.”

OFM Nuus cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.