On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Eskom wil beheer oor beurtkrag in Metsimaholo terugneem

───   14:34 Thu, 14 Dec 2023

Eskom wil beheer oor beurtkrag in Metsimaholo terugneem | News Article
Eskom wil beheer oor beurtkrag in Sasolburg oorneem.

“Eskom het drie kennisgewings van voorneme gestuur, maar die munisipaliteit het aangehou met die nienakoming.”

Eskom wil weer beheer oor beurtkrag op Sasolburg oorneem omdat die plaaslike munisipaliteit hom nie by die ooreenkoms hou nie.

Die kragverskaffer het vroeër die Metsimaholo-munisipaliteit toestemming gegee om self beurtkrag op Sasolburg toe te pas om sy kritieke toevoerpunte te beskerm, wat ’n waterpomp en ’n hospitaal insluit. 

Ná ’n tydperk van noukeurige monitering en dataontleding het dit egter vir Eskom duidelik geword dat Metsimaholo nie die las in ooreenstemming met die ooreenkoms verminder nie.

 Jack Malindi, Metsimaholo se burgemeester. Foto: metsimaholo.gov.za

Eskom het die munisipaliteit verskeie kere aangespreek oor sy versuim om hieraan te voldoen, sonder sukses. Die versuim beïnvloed die integriteit en stabiliteit van die kragnetwerk, wat kan lei tot verskerpte beurtkrag.

Benewens die ooreenkoms tussen Eskom en dié munisipaliteit het Eskom drie kennisgewings van voorneme gestuur, maar die munisipaliteit het aangehou met die nienakoming. 

Eskom gee die munisipaliteit dus 14 dae kennis om daaraan te voldoen. Indien dit nie gebeur, nie sal Eskom die toepassing van beurtkrag in Sasolburg vanaf 29 Desember oorneem.

Kliënte kan hul beurtkragsrooster op die Eskom-webtuiste opsoek volgens die gebied waarin hulle woon.

OFM Nuus dg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.