On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse gesondheidsdepartement bedroef oor amptenare se dood in ongeluk by Senekal

───   KEKELETSO MOSEBETSI 07:38 Sat, 16 Dec 2023

Vrystaatse gesondheidsdepartement bedroef oor amptenare se dood in ongeluk by Senekal | News Article
Foto ter illustrasie: OFM Nuus

“Ons is hartseer oor sulke verliese, want dit het ’n nadelige uitwerking op gesondheidsinstitusionele ontwikkeling sowel as gesinne en gemeenskappe.”

Die Vrystaatse departement van gesondheid het sy hartseer uitgespreek oor die dood van twee amptenare in ’n padongeluk naby Senekal.

Die twee amptenare, wat by Itemoheng-voorsieningskettingbestuur (VKB) gewerk het, het Donderdag (14/12) gesterf. Mokhele Sonopo (39) van Clocolan het as VKB-beampte gewerk, terwyl Tshepang Mbambo (28) van Bethlehem ’n VKB-intern was.

Die oorledenes het ’n spesiale band by die werk gehad aangesien hulle nou met mekaar saamgewerk het, sê Mondli Mvambi, departementele woordvoerder. Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir gesondheid, het haar skok uitgespreek en medelye betuig met die bestuur en amptenare asook die oorledenes se naasbestaandes.

Mathabo Leeto, LUR vir gesondheid. Foto: Olebogeng Motse

Leeto sê die padongelukke is een van die hoofoorsake van sterftes in die provinsie en die land. “Ons is hartseer oor sulke verliese, want dit het ’n nadelige uitwerking op gesondheidsinstitusionele ontwikkeling sowel as gesinne en gemeenskappe.

“Ons amptenare is ook pilare van hul gesin en gemeenskappe. In hierdie moeilike ekonomiese omgewing het die verlies van ’n lewe ook ’n uitwerking op volhoubare lewensbestaan.”

Die LUR vra groter versigtigheid en verantwoordelikheid onder padgebruikers.

Die departement sal besonderhede van ’n gedenkdiens en begrafnisreëlings bekend maak ná oorlegpleging met die oorledenes se familie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.