On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

‘Rylopers’ kaap, beroof motoris by Kroonstad

───   09:16 Sat, 16 Dec 2023

 ‘Rylopers’ kaap, beroof motoris by Kroonstad | News Article
Vrystaatse polisie hou onlangs ’n padblokkase naby Bloemfontein. Foto: Kekeletso Mosebetsi

“Die polisie het ’n saak van motorkaping, ontvoering en poging tot moord geopen vir verdere ondersoek.”

Vrystaatse polisie rig ’n ernstige waarskuwing aan motoriste om nie vir vreemdelinge saamrygeleenthede te gee nie om motorkapings, rooftogte en verkragtings te voorkom.

Mojalefa Godfrey Makae (34) is Vrydag (15/12) deur rylopers beroof, ontvoer en van sy motor en trouring beroof. Die slagoffer was van sy woonplek in Roodepoort aan die Wes-Rand onderweg met sy silwerkleurige VW Polo met registrasienommer DD34PNGP toe hy omstreeks 13:30 by ’n plek stilhou waar rylopers gereeld duimgooi langs die R34-pad naby die K6-gedeelte van Kutlwanong, Odendaalsrus, sê Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Twee mans het hom genader en gevra om saam te ry na Sebokeng. Die een het ’n vuurwapen te voorskyn gebring en die bestuurder gedwing om hulle in te laai.

‘Die kapers het sy voete en hande vasgebind’

Een verdagte het met ’n vuurwapen op die agtersitplek gaan sit, terwyl die ander voor op die passasiersitplek plek ingeneem het. Die bestuurder is gedwing om Kroonstad toe te ry, waar hy opdrag gekry het om af te trek.

Die kapers het sy voete en hande vasgebind en hom in die kattebak ingedwing. Die verdagtes het toe omgedraai en terug na Kutlwanong gery na die omgewing van ’n begraafplaas waar hulle die slagoffer uit die kattebak gehaal het, sê Thakeng. Hulle het ’n skoot afgevuur en weggejaag. Hulle word steeds gesoek.

Hulle het weggekom in Makae se motor ter waarde van R120 000 en sy rybewys, ID-, mediesefonds- en studentekaart geneem asook sy trouring van R13 000. Hy het kon homself loswikkel en ’n verbygaande bestuurder voorkeer, wat hom na die Odendaalsrus-polisiekantoor geneem het om ’n klag in te dien.

‘Motoriste word gewaarsku om nie vreemdelinge in te laai’

Die polisie ondersoek motorkaping, ontvoering en poging tot moord.

Thakeng waarsku motoriste gewaarsku om nie vreemdelinge in te laai nie en maan rylopers om op hulle hoede te wees vir geleenthede saam met onbekendes.

Enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel of hul naaste polisiekantoor te besoek.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.