On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Gevierde Vrystaatse polisievrou vra strenger vonnisse vir geslagsgeweld

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:03 Mon, 18 Dec 2023

Gevierde Vrystaatse polisievrou vra strenger vonnisse vir geslagsgeweld | News Article
Bokamoso Nompi Peter Foto: Facebook/Free State Provincial Government

“Ek is mal oor uitdagings omdat dit my laat groei, en ek raak bekommerd as ek nie uitdagings in my lewe kry nie, want ek sal nie kan leer en groei nie.”

‘n Vrystaatse polisiebeampte doen ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om strenger op te tree teen oortreders wat hulle aan geslagsgeweld skuldig maak.

Ten spyte van haar skuldigbevindingsukses, glo Bokamoso Nompi Peter, bekroonde Bloemfonteinse geslagsgeweld-ondersoekbeampte, die howe is steeds te toegeeflik teenoor oortreders in sulke sake. Deur haar grondige ondersoekvaardighede dien 31 oortreders altesaam 305 jaar agter tralies uit.

Die boorling van Thaba-Nchu put haar inspirasie uit die beskerming van kwesbares en swakkes teen misbruik. Die jongste saak waarby sy betrokke was, het gelei tot die skuldigbevinding van ’n vooraanstaande Bloemfonteinse pastoor, wat ’n polisiebeampte verkrag het. Moshebelele Michael Lebajoa (52) is Woensdag (13/12) in Bloemfontein tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

‘Dit is asof hy meer bekommerd was oor sy gevoelens en sy familie’

“Ek was nie gelukkig met die vonnis wat hy gekry het nie, want past. Lebajoe wou maak asof die slagoffer agter hom aan was. Dit is asof hy meer bekommerd was oor sy gevoelens en sy familie, en hy het geen berou getoon nie, soos die aanklaer en landdros gesê het nie.

“Ek was so bly toe die landdros vir hom sê daar is ’n verskil tussen spyt en berou, want hy was spyt. Ek was so beïndruk met my ondersoek in daardie saak, want jy kan jou die saak voorstel wat in 2018 begin het tot nou toe. Dit was moeilik omdat die slagoffer op my staatgemaak het vir sielkundige ondersteuning,” het sy bygevoeg.

Peter het erkenning gekry van die provinsiale regering en nasionale polisie vir die werk wat sy vir die gemeenskap doen. Sy vertel haar misdaadintelligensie-ervaring het haar gehelp om een van die beste ondersoekbeamptes in die land te word.

Die gevierde Vrystaatse polisievrou Bokamoso Nompi Peter. Foto verskaf

“Ek het nie ondervinding gehad toe ek as ’n ondersoekbeampte begin het nie, maar ek moes leer ontwikkel en skeppend wees en nie wag dat my werkgewer my na die saak stuur nie. Ek hou van uitdagings omdat dit my laat groei, en ek raak bekommerd as ek dit nie kry nie. Daarsonder sal nie kan leer en groei nie.”

Peter het ook erkenning ontvang in haar kantoor, insluitend sertifikate as onder andere speurder van die maand. Sy sê sy het nooit vir pryse ingeskryf nie omdat haar belangstelling nog altyd was om die gemeenskap te dien.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.