On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Nog geen poging om Theunissen se watertoevoer te herstel nie

───   KAREN VAN DER BERG 15:29 Mon, 18 Dec 2023

Nog geen poging om Theunissen se watertoevoer te herstel nie | News Article
Santa Potgieter, Marieta Visser en Willem Potgieter by Theunissen se beskadigde watersuiweringsaanleg. Foto verskaf

"Die munisipaliteit sal drinkwater aan die gemeenskap versprei en voorsien deur van watertenks gebruik te maak.”

In die soveelste waterkrisis vanjaar het die Vrystaatse dorp Theunissen weer nie water nie. Dié keer weens fyn beplande vandalisme en diefstal.

Die veiligheidsmaatskappy wat aangestel is om die watersuiweringsaanleg te beskerm, het die perseel verlaat, na bewering omdat hulle nie betaal is nie. Marieta Visser, ’n DA-raadslid, sê. gevolglik is die aanleg die afgelope Woensdagnag (13/12) geplunder en leeg gedra.

Sy sê die skade is enorm. “Daar is baie koper gesteel, ’n klomp komponente is gesteel en selfs die klein pypies is gebreek. Dit gaan groot geld en baie werk verg om te herstel.”

Daar is baie koper en komponente gesteel en selfs die klein pypies is gebreek. Foto verskaf 

Die DA het vroeër in ’n verklaring gesê die inbrekers was goed voorbereid. Elke stukkie van die koperkabels is gesteel en gesny. Daar is tekens van blatante vandalisme. “Dit lyk of die misdadigers geweet het hulle het genoeg tyd om die watersuiweringsaanleg op so ’n wyse te beskadig dat dit ’n fortuin sou kos om te herstel.”

Theunissen se inwoners kry reeds swaar. Hulle ontvang net geen basiese dienste om hul lewe hier te lei nie. “Ons kan net hoop die plaaslike regering doen iets aan die mense se lot.”

Sy sê vanjaar was een groot frustrasie omdat van die munisipaliteit se kant af geen vergaderings gehou word en geen inligting gegee word oor nuwe projekte en vordering nie. Intussen ly die inwoners daaronder.

‘Die misdadigers  het die suiweringsaanleg erg beskadig’

Ondanks al die probleme bly sy hoopvol. “Hier is genoeg kundigheid en geld om van die Vrystaat ’n wonderlike provinsie te maak. Ons hoop lê regtig by volgende jaar se verkiesing.”

Intussen het Dimakatso Modise, Masilonyana se burgemeester, aan OFM gesê sy kan net byvoeg ’n klagte is by Theunissen se polisie ingedien. “Daar is reeds die naweek elektriese kabels deur die polisie op Theunissen gevind en op beslag gelê. Die munisipaliteit is genooi om dit te kom identifiseer.”

Sy sê amptenare bepaal nog die omvang van die skade. “Die munisipaliteit sal drinkwater aan die gemeenskap versprei en voorsien deur van waterwaens gebruik te maak.”

Die watersuiweringsaanleg is Donderdagnag gevandaliseer. Foto verskaf

• Brandfort, nog ’n dorp in Masilonyana, het ook weer nie die naweek water gehad nie. Boonop het ’n ure lange kragonderbreking hier plaasgevind.

OFM Nuus/Karen van der Berg dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.