On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Ouers van Klerksdorp se ‘nagmerrie-huis’ bly agter tralies

───   KAREN VAN DER BERG 16:41 Tue, 19 Dec 2023

Ouers van Klerksdorp se ‘nagmerrie-huis’ bly agter tralies | News Article

“Ek dink dit is groot oorwinning vir geregtigheid vir die drie kinders teen wie hierdie misdade gepleeg is.”

Die Klerksdorpse ouers wat van kinderverwaarlosing en verkragting aangekla word, sal Kersfees agter tralies deurbring. Hul borgtogaansoek is Dinsdag (19/12) in die plaaslike landdroshof van die hand gewys.

Twee meisies, van onderskeidelik nege maande en drie jaar, en hul tweejarige boetie is twee weke gelede in ’n huis in Dawkinsville aangetref nadat ’n inwoner alarm gemaak het. Die kinders was erg verwaarloos en so vuil dat hulle met eerste oogopslag vir poppe aangesien is. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die meisies verkrag is.

Die yskas was byna leeg toe die kinders uit die morsige huis gered is. Foto verskaf

Wayne van Onselen, stigter en besturende direkteur Unchain our Children, die organisasie wat die afgelope weke gehelp het om die drie jong kinders uit die haglike omstandighede te red, sê hulle is verheug om te verneem die ouers bly agter tralies en dat hulle summier borgtog geweier is. 

“Ek dink dit is groot oorwinning vir geregtigheid vir die drie kinders teen wie hierdie misdade gepleeg is.”

Die kinders is nou in ’n plek van veiligheid, terwyl hulle deur maatskaplike werkers geëvalueer word. Daar word op ’n mediese en emosionele wyse na hulle omgesien. 

Die saak is uitgestel tot 27 Februarie vir verdere ondersoek, sê Henry Mamothame, NVG-woordvoerder in Noordwes.

OFM Nuus/Karen van der Berg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.