Central SA
Kanker eis moedige Elsje Neethling ná jare lange siekte─── 13:15 Sun, 24 Dec 2023

“Gisteraand het ons pragtige one-of-a-kind dogter en suster, Elsje, ons verlaat.”
Hulle eiesoortige lieflingdogter en suster is oorlede nadat sy 32 jaar lank kanker gehad het, sê die familie van Elsje Neethling (43) nadat sy Saterdagaand (23//12) op Hermanus gesterf het. Elsje is die suster van die Olimpiese swemmer Ryk Neethling.
Sy was 13 toe breinkanker vir die eerste keer by haar gediagnoseer is. Dokters het destyds gemeen sy het net ’n paar maande oor om te leef. Elsje se kanker het keer op keer teruggekom.
“Gisteraand (Saterdag) het ons pragtige one-of-a-kind dogter en suster, Elsje, ons verlaat,“ lui die familie se verklaring. “Sy was rustig, maar het gefight tot die einde soos net sy kon.
Elsje word oorleef deur haar broer, Ryk jr., ma, Sanmarie, en pa, Ryk Neethling. Foto: Facebook
“Ons gaan haar oneindig mis, maar weet sy is nou op ’n beter plek sonder die pyn wat sy die afgelope 32 jaar, maar veral die laaste twee jaar, moes verduur.”
Die familie het het almal bedank vir hulle volgehoue bystand en gebede. “Ons waardeer dit ongelooflik baie.”
Elsje het in 1998 aan die Hoërskool Eunice in Bloemfontein gematrikuleer. Sy het ’n graad in grafiese kuns en joernalistiek aan die Noorwes-Universieit se Potchefstroomkampus behaal. Sy was ’n oudjoernalis van Volksblad.
‘Sy het ook geleer om branderplank te ry, al was sy in ’n rolstoel’
Elsje het die laaste klompie jare op Hermanus gewoon waar sy haar toegespits het op haar kuns. Sy het ook geleer om branderplank te ry, al was sy in ’n rolstoel.
Sy word oorleef deur haar ouers, Ryk en Sanmarie, haar broer Ryk jr. en suster, Jean-Marié, en haar man, CJ Stander, ‘n Blou Bul-rugbyspeler.
Die familie sê hulle sal binnekort inligting bekend maak oor ’n diens om haar unieke karakter en lewe te vier soos sy dit sou wou gehad het. Hulle vra privaatheid.