On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste bejaarde van Midvaal gevind

───   08:45 Wed, 27 Dec 2023

Vermiste bejaarde van Midvaal gevind | News Article
Oom Rudi (75) van Risiville in die Midvaal. Foto: Verskaf

Hy ly aan demensie en sy naasbestaandes was bekommerd dat hy nie kontakbesonderhede sou kon verskaf het nie.

’n Bejaarde man van Midvaal wat op Kersdag vermis geraak het, is gevind. Sy naasbestaandes het bevestig dat hy veilig is en het mense vir hul besorgdheid bedank.

Vaalweekblad berig "oom Rudi" het die Mackay-landgoed in Risiville omstreeks 18:00 op Kersdag verlaat. Hy het demensie en sy naasbestaandes was bekommerd dat hy nie kontakbesonderhede sou kon verskaf het as vreemdes hom sou hulp aanbied nie.

Phillip Swanepoel, woordvoerder van Sekuriteit Sonder Grense, het Dinsdag (26/12) bevestig oom Rudi is omstreeks 00:50 gevind. “Hy is behandel en deur twee vroue van Stepping Stones-sorgsentrum kom haal. Dankie vir almal se besorgdheid.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.